Wednesday, 25 September 2013

OPVOEDKUNDIGE SKRYFSTUK


Opvallend was haar skoen toe sy aan ons bekend gestel was as die nuwe bankbestuurder. Die vlootblou skoen het haar uniform gekomplimenteer met haar geverwde rooi toonnaels. Aan haar skoen kon jy sien, sy is beslis die nuwe bankbestuurder. Vir jare was die posisie gevul deur ‘n man. Dit is oplettend dat sy respek af dwing en haar skoene kan volstaan in haar nuwe aanstelling.

Die regte skoen vir die regte geleentheid:

Die geleentheid bepaal gewoontlik die tipe skoen wat jy gaan aantrek. Die honderd meter word nie met hoё-hak skoene gehardloop nie,  so ook nie ‘n berguitstappie met rolskaatse nie. In die rugby en sokker wệreld, dra hulle ‘n skoen met spykers, wat op die veld kan vastrap en wanneer jy vanaand gaan dans, trek jy ‘n ellegante skoen aan.

Wenke om te onthou in die skoenewereld:

Kies altyd die skoen wat vir jou gemaklik is, wat nie te veel van jou gemoed verklap nie en ‘n skoen waarmee jy jouself kan assossieer.  Moet onder geen omstandighede “daardie” skoen koop wat nie jou swak enkels kan ondersteun nie. ‘n Persoonlikke opinie: “Vermy maar liefs die “crocs” want dit is seker die lelikste skoen wat jy kan kry”.

Laastens, maak doodseker dat die regte skoene in die skoenedoos gesit word sodat jy nie met verkeerde skoene( kleur en grote) by die huis aankom nie. Glo my, daardie glipsies is alledaags.

Wednesday, 4 September 2013

beskrywende skryf


Toe ek in die trein klim, het ek nie die treindrywer gesien nie maar stel jou voor my skok, toe ek my eindbestemming bereik en hierdie skraal dame agter die kontrole uitklim van hierdie groot stuk staal.

Hier het ‘n vrou die heiligdom van ‘n eens, manlike domein betree. Tog, wanneer haar skof klaar is, en manlief staan nie met ‘n voorskoot voor pruttende potte nie, trek sy “ander skoene” aan.

Manlief mag dalk net ‘n “male nurse” wees. A- ha, gedink verpleging wys net na vroumense nệ. Dit is net ‘ n kwessie van tyd, dan het ‘n land soos Amerika ook sy eerste vroulikke president. Onthou julle die ystervrou, Margaret Thatcher?

Kan julle nou sien hoe het tyd ons forseer en geleer om mekaar se skoene aan te trek? Eending staan soos ‘n paal bo water. “ Hy” sal nooit ‘n sekere skoen kan aantrek nie. Dit is, om geboorte te gee aan ‘n nuwe lewe.

Wednesday, 28 August 2013


My skoengrote is ‘n nommer drie. Oor die algemeen dra ‘n man ‘n groter skoen. Ek kan vir julle sệ dat  ek wel in ‘n groter skoen kan pas. Aan die einde van hierdie blog, sal  ek kan bewys dat die eerste stelling omgekeerd ook is. Dink maar aan die verskillende soorte skoene wat jy aantrek.  Vroue dra gewoonlik vroue skoene en mans dra mansskoene. Dit het nou “unisex” geword.

‘n Vrou, veral, het nog nie tot haar gelyke reg in die samelewing gekom nie. Hierdie balans glo ek, sal binnekort reggestel word. Ek loods nie ‘n aanval op grond van geslag nie, maar eintlik staan ons al lankal in mekaar se skoene. Ons het dit nog net nie raakgesien nie.

Oor die volgende paar weke gaan ek ‘n mans se skoen aantrek en ‘n man gaan my skoen aantrek.

So mense, trek uit en kyk watter skoen jy aanhet.

Hier gaan skoene aangepas en aangetrek word!