Toe ek in die trein klim, het ek nie die treindrywer gesien
nie maar stel jou voor my skok, toe ek my eindbestemming bereik en hierdie
skraal dame agter die kontrole uitklim van hierdie groot stuk staal.
Hier het ‘n vrou die heiligdom van ‘n eens, manlike domein
betree. Tog, wanneer haar skof klaar is, en manlief staan nie met ‘n voorskoot
voor pruttende potte nie, trek sy “ander skoene” aan.
Manlief mag dalk net ‘n “male nurse” wees. A- ha, gedink
verpleging wys net na vroumense nệ. Dit is net ‘ n kwessie van tyd, dan het ‘n
land soos Amerika ook sy eerste vroulikke president. Onthou julle die
ystervrou, Margaret Thatcher?
Kan julle nou sien hoe het tyd ons forseer en geleer om
mekaar se skoene aan te trek? Eending staan soos ‘n paal bo water. “ Hy” sal
nooit ‘n sekere skoen kan aantrek nie. Dit is, om geboorte te gee aan ‘n nuwe
lewe.
Sjoe! Joy, jou woorde dra beslis krag. Met 'n postiewe uitkyk op die lewe kan ons enigeiets word wat ons wil, ongeag of jy 'n man of 'n vrou is.
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
ReplyDelete1. wys net na - verwys net na
2. vroulikke - vroulike
3. Eending - Een ding
Ek wonder hoeveel jaar dit sal neem vir SA om hul eerste vroulike president aan te stel.
ReplyDeleteDit sal baie beter wees as Suid Afrika a vrou president het.
ReplyDeleteMet tyd het baie dinge verander, vrouens doen nou wat mens doen.