Wednesday, 28 August 2013


My skoengrote is ‘n nommer drie. Oor die algemeen dra ‘n man ‘n groter skoen. Ek kan vir julle sệ dat  ek wel in ‘n groter skoen kan pas. Aan die einde van hierdie blog, sal  ek kan bewys dat die eerste stelling omgekeerd ook is. Dink maar aan die verskillende soorte skoene wat jy aantrek.  Vroue dra gewoonlik vroue skoene en mans dra mansskoene. Dit het nou “unisex” geword.

‘n Vrou, veral, het nog nie tot haar gelyke reg in die samelewing gekom nie. Hierdie balans glo ek, sal binnekort reggestel word. Ek loods nie ‘n aanval op grond van geslag nie, maar eintlik staan ons al lankal in mekaar se skoene. Ons het dit nog net nie raakgesien nie.

Oor die volgende paar weke gaan ek ‘n mans se skoen aantrek en ‘n man gaan my skoen aantrek.

So mense, trek uit en kyk watter skoen jy aanhet.

Hier gaan skoene aangepas en aangetrek word!

 

 

 

4 comments:

  1. Ek kan nie wag nie!

    Enkele opmerkings:

    1. skoengrote - skoengrootte
    2. ‘n mans - 'n man

    ReplyDelete
  2. Ek stem,ek glo 'n vrou kan doen wat 'n man kan doen. Vandag is dinge baie anders.

    ReplyDelete
  3. Ek dra self 'n nommer drie skoen en weet hoe moeilik dit is om skoene in die grootte te kry. Sien uit daarna om by jou te leer watter man se skoen my pas.

    ReplyDelete
  4. Vandag se vrouens wil te veel die broek dra in die huis en glo dit of nie dis waar die probleme opstuig, waar ek vandaan kom moet 'n man gerespekteer word en nie beoordeel word nie. Ons as mense moet die balans ken tussen vrou en man wees. Ek wil glad nie eendag 'n man hê wat toelaat dat mense oor hom loop nie.

    ReplyDelete