“Is jy dan nie tevrede om in ‘n
vroulike- omgewing te werk nie?” Michelle sệ dit was haar man se presiese
woorde, met die nuus dat haar aansoek om “ busdrywer”suksesvol was. “ My
maatjie, dis mos nou nie dat ek vir ‘n “sex- change” gaan nie.” Dis net dat die
alledaagse roetine van hoё-hak skoene, die irriterende en oneindige geluid van
kompers se knoppies, vir haar ondraaglik geword het. Hier was ‘n regverdige
uitdaging in ‘n manswệreld. Sy sou nou busse ry, ander skoene aantrek, net daar
is ‘n vrou wat in daai skoene staan.
Drie maande en ongeveer 160 ure van
tegnologie en praktiese opleiding het haar ou mannetjie die hardste hande
geklap toe sy haar “teerpad- vlerke” ( in die lugmag noem hulle dit mos vlerke)
ontvang het. Raai wie bring nou die bus van die Strand na Kaapstad om agt-uur
betyds na die terminus? Einste “hoe- hak skoene” wie se man weggetrek het met
die vraag waarmee hierdie blog begin is.
Sy sệ: “As jy uit daardie bus klim
en jy verkyk jou aan al jou manlike passasiers, kan jy nie anders as om te
wonder hoeveel van hulle vandag ‘n oorwegende “ vroulike beroep” gaan be- oefen
nie.
Aan die einde van die dag en maand
kom jy in elk geval met ‘n salaries huistoe en trek maar weer vir “hoё- hak
skoene” aan vir vanaand se dans by “club Dinges”
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. kompers - rekenaars
2. daai - daardie
3. salaries huistoe - salaris huis toe
'n Vroumens moet ook maar klomp goed verdra.
ReplyDeleteHaai, ek het myself 'n paar dae gelede verstom toe 'n vroulike busdrywer die bus so fluks duer die verkeer kon weef.
ReplyDelete