Wednesday, 2 October 2013

Refleksie


Liewe land! Net om aan ‘n tema te gedink het, was alreeds ‘n klein kopseer. Soveel opsies en “skoene” beland op my brein. Twee keuses: Blog ek nou oor gewone skoene of blog ek oor die “ spreekwoordelike gesegde, “as die skoen jou pas, trek dit aan”. Op die ou end, was altwee keuses welkom.

Om alles te kroon, moes ek, ‘n leek, op die internet blog, iets wat julle baie beter doen as ek. Wat het ons dosent besiel om hierdie taak vir ons te gee? In die klaskamer kon ek die vraagtekens op vele gesigte sien, so ek was nie alleen nie.

Of ek gereeld sal blog? Dit is nie jys my passie nie maar ek sal gereeld anders se blogs lees as die tema my oog vang.

Hierdie blog het bewys, hoe swak my Afrikaans eintlik is. Taalsgewys, het hierdie blog my ook laat besef dat Afrikaans gruwelik afgeskeep word. Magies, maar mens kan jou lekker uitdruk in Afrikaans. Dit  is ‘n lekke taal, dit laat my veral dink aan egte Suid- Afrikaanse kos. Dink nou maar aan potjiekos.

Hier staan ek nou in my nuutgevonde skoene en sluit my blog hiermee af.

Koebaai, tjeers vir eers!

 

3 comments:

  1. Jy slaan die spyker op die kop Joy, die hele "blogging" affêre was 'n kopseer, jy is sieke bly vreugde dat ons kla "geblog" is!

    ReplyDelete
  2. Afrikaans is beslis 'n baie mooi taal :)

    ReplyDelete
  3. Dit was regtig lekker om jou "blog" te lees. Jou manier van skryf, lees lekker. Dankie vir al die moeite. Dis lekker dat jy Afrikaans as 'n lekker taal beskryf ;-) Sterkte met die eksamen

    ReplyDelete