Wednesday, 25 September 2013

OPVOEDKUNDIGE SKRYFSTUK


Opvallend was haar skoen toe sy aan ons bekend gestel was as die nuwe bankbestuurder. Die vlootblou skoen het haar uniform gekomplimenteer met haar geverwde rooi toonnaels. Aan haar skoen kon jy sien, sy is beslis die nuwe bankbestuurder. Vir jare was die posisie gevul deur ‘n man. Dit is oplettend dat sy respek af dwing en haar skoene kan volstaan in haar nuwe aanstelling.

Die regte skoen vir die regte geleentheid:

Die geleentheid bepaal gewoontlik die tipe skoen wat jy gaan aantrek. Die honderd meter word nie met hoё-hak skoene gehardloop nie,  so ook nie ‘n berguitstappie met rolskaatse nie. In die rugby en sokker wệreld, dra hulle ‘n skoen met spykers, wat op die veld kan vastrap en wanneer jy vanaand gaan dans, trek jy ‘n ellegante skoen aan.

Wenke om te onthou in die skoenewereld:

Kies altyd die skoen wat vir jou gemaklik is, wat nie te veel van jou gemoed verklap nie en ‘n skoen waarmee jy jouself kan assossieer.  Moet onder geen omstandighede “daardie” skoen koop wat nie jou swak enkels kan ondersteun nie. ‘n Persoonlikke opinie: “Vermy maar liefs die “crocs” want dit is seker die lelikste skoen wat jy kan kry”.

Laastens, maak doodseker dat die regte skoene in die skoenedoos gesit word sodat jy nie met verkeerde skoene( kleur en grote) by die huis aankom nie. Glo my, daardie glipsies is alledaags.

4 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. bekend gestel was - bekendgestel is
    2. geverwde - geverfde
    3. was die posisie gevul deur ‘n man. - is die posisie deur 'n man gevul.
    4. oplettend - opvallend
    5. afdwing - een woord
    6. ellegant - elegant
    7. Persoonlikke - Persoonlike (Woorde wat op -lik/-ig eindig kry ‘n -e)
    8. skoenedoos - skoendoos

    ReplyDelete
  2. Ek sal beslis hierdie wenke onthou.

    ReplyDelete
  3. Joy ek sal ook hierdie maklike wenke onthou. Jy is baie passievol met woorde!

    ReplyDelete
  4. Ek hou baie van skoene, en soms is ek nie baie gelukkig daarmee nadat ek dit reeds gekoop het nie. So ek benodig beslis hierdie raad. Dankie.

    ReplyDelete