Opvallend was haar skoen toe sy aan ons bekend gestel was as
die nuwe bankbestuurder. Die vlootblou skoen het haar uniform gekomplimenteer
met haar geverwde rooi toonnaels. Aan haar skoen kon jy sien, sy is beslis die
nuwe bankbestuurder. Vir jare was die posisie gevul deur ‘n man. Dit is oplettend
dat sy respek af dwing en haar skoene kan volstaan in haar nuwe aanstelling.
Die regte skoen vir die regte geleentheid:
Die geleentheid bepaal gewoontlik die tipe skoen wat jy gaan
aantrek. Die honderd meter word nie met hoё-hak skoene gehardloop nie, so ook nie ‘n berguitstappie met rolskaatse
nie. In die rugby en sokker wệreld, dra hulle ‘n skoen met spykers, wat op die
veld kan vastrap en wanneer jy vanaand gaan dans, trek jy ‘n ellegante skoen
aan.
Wenke om te onthou in die skoenewereld:
Kies altyd die skoen wat vir jou gemaklik is, wat nie te
veel van jou gemoed verklap nie en ‘n skoen waarmee jy jouself kan assossieer. Moet onder geen omstandighede “daardie” skoen
koop wat nie jou swak enkels kan ondersteun nie. ‘n Persoonlikke opinie: “Vermy
maar liefs die “crocs” want dit is seker die lelikste skoen wat jy kan kry”.
Laastens, maak doodseker dat die regte skoene in die
skoenedoos gesit word sodat jy nie met verkeerde skoene( kleur en grote) by die
huis aankom nie. Glo my, daardie glipsies is alledaags.