Liewe land! Net om aan ‘n
tema te gedink het, was alreeds ‘n klein kopseer. Soveel opsies en “skoene”
beland op my brein. Twee keuses: Blog ek nou oor gewone skoene of blog ek oor
die “ spreekwoordelike gesegde, “as die skoen jou pas, trek dit aan”. Op die ou
end, was altwee keuses welkom.
Om alles te kroon, moes
ek, ‘n leek, op die internet blog, iets wat julle baie beter doen as ek. Wat het
ons dosent besiel om hierdie taak vir ons te gee? In die klaskamer kon ek die
vraagtekens op vele gesigte sien, so ek was nie alleen nie.
Of ek gereeld sal blog?
Dit is nie jys my passie nie maar ek sal gereeld anders se blogs lees as die
tema my oog vang.
Hierdie blog het bewys,
hoe swak my Afrikaans eintlik is. Taalsgewys, het hierdie blog my ook laat
besef dat Afrikaans gruwelik afgeskeep word. Magies, maar mens kan jou lekker
uitdruk in Afrikaans. Dit is ‘n lekke
taal, dit laat my veral dink aan egte Suid- Afrikaanse kos. Dink nou maar aan
potjiekos.
Hier staan ek nou in my
nuutgevonde skoene en sluit my blog hiermee af.
Koebaai, tjeers vir
eers!